Tempels van Suid-Korea

Tweede in ‘n reeks van twee

Dit is die YuongPyeongsa tempel waar ek drie dae deurgebring het.  Die gebou links is die slaapruimtes; regs, die eetsaal.  Die tempel is in die middel.  Soos Magoksa, is Yuongpyeongsa ver van enige stad of dorp.  Die rede is dat, in die middeleeue sowat agthonderd jaar gelede, die Boeddhisme deur die regerende Confuciaanse hof vervolg was.  Hierdie vervolging het afgeneem, maar die spanning tussen die twee wêreldsienings het gebly.

Hierdie tempel is waar die hoofkantoor van Boeddhisme in Suid-Korea is, dws. vir Zen-Boeddhisme, wat die hoofstroom is.  Weereens, was dit vir my opvallend hoe klein die tempel self was.  Oor die algemeen het die tempels dieselfde uitleg:  binne is daar tenminste een sittende Boeddha-figuur, meermale met ‘n goue verf omhul.  Soos ek op Yuongpyeongsa gesien het, is daar vele geskilderde panele van episodes uit die lewe van die Boeddha.

Die geestelike en die estetiese … by die hooftempel in Seoel asook by die pelgrimstempel by Bulguksa in die suide van die land waar ek hierdie foto geneem het, sien mens dié fyngeskilderde houtwerk.

Ek het in die verbyry hierdie moderne tempel afgeneem, ‘n gebou wat my nogal verbaas het.  Die kruldakmotief is heelwat afgeskaal en die toring lyk gevaarlik soos ‘n kerktoring met ‘n klok.

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Maart, 2019

 

My foto’s

 

Kyk ook

Magoksa 21.12.2016

Drie dae in ‘n tempel 1.5.2017

Bongeunsa 15.8.2018

Boeddha’s in Suid-Korea 25.7.2018

Die Silla-Klok 4.1.2019

 

Advertisements

Tagged: , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: