Kerke in Suid-Korea

Die eerste in ‘n reeks van twee

In ‘n vreemde wêreld soek mens seker dit wat bekend is.  Tog het my pa my gesê as dinge vreemd voorkom, leer daaruit.  Dus, was die kerke van Suid-Korea vir my tussen die vreemde en die bekende.  Ek het baie geleer.

Ek het hierdie kerk in Wes-Seoel in die verbyry afgeneem.  Kyk in die middel, onder, sien jy die kennisgewing met die kruis.  Ek meen die a-vorm van die gebou dui op “Alfa”.  Interessante post-moderne ontwerp.  Wens ek kon dit van binne af gesien het.

Gou sien mens dat die skeppende argitektuur van Suid-Korea die moderne kerke insluit.  Hier is ‘n Katolieke katedraal in die Stadssaalgebied van Seoel-sentraal.  Ek vind die gebruik van die gotiese venstermotief treffend.

Hierdie katedraal in Suwon, suid-Seoel, is ‘n toeloop van gotiese motiewe.  Die wasigheid van my beeld kom van ‘n telelenseffek —  dié kerk was kilometers van my af.  Ek het dit tussen die bolwerke van die ou stadsmuur afgeneem.

Hierdie moderne Katolieke basilika in Seoel-sentraal het my laat dink aan die basilikas van Ravenna in Italië wat van die Bisantynse era vyfhonderd jaar na Christus hulle merk op kerkargitektuur gelaat het.

Hierdie kerk is op die buitewyke van Daeso, die klein plattelandse dorp waar ek my bevind het.  Ek weet nie watter gemeente dit was nie, maar weereens het hulle werklik ‘n skeppende argitek gekies om die ontwerp te doen.  Die oog hardloop op en af, diekant toe daai, oor en weer.

Hierdie klein Presbiteriaanse kerk is tussen die groen lusernlanderye buite Daeso waar ek eendag gaan stap het.  Die vensters van die kerktoring is vir my interessant.

Hier is die altaarruim van die Chinese Prebiteriaanse kerk in Jongno-gu, in die omgewing van sentrale Seoel.  Hulle was dié dag doenig met blomrangskikking in die kerk (kyk die vloer) en het vriendelik voor die kamera padgegee.  Die Alfa-Omega altaartafel was buitegewoon.

Dit is die kerk van buite.  Hierdie Westerse bouvorme wat in lewende heugenis daargestel is, moes ‘n groot kulturele en geestelike sprong vir die Koreaanse mense gewees het.

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Maart, 2019

 

My foto’s

 

 

 

 

Advertisements

Tagged: ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: