Kerke in Suid-Korea

Die tweede in ‘n reeks van twee

In Myongdong sien mens ‘n tradisionele Westerse katedraal.  Dié katedraal is die hoofkerk van die Katolieke geloof in Suid-Korea.  Sowat ‘n helfde van die Christene is Katoliek en hierdie geloof het in die 19de-eeu onder die ergste vervolging deurgeloop.  Dit was in die tyd van Pater Andrew wat vandag as martelaar vir die geloof beskou word.  Hierdie katedraal is seker in die 20ste-eeu gebou.

Wat ek altyd van hierdie katedraal sal onthou, is die brons Stasies van die Kruis.  Ek weet nie wie die kunstenaar is nie.

Die hoof Presbiteriaanse katedraal, ook in Myongdong, het ‘n meer onlangse geval van ‘n martelaar.  Tydens die burgeroorlog (1950-1953) toe Seoel vier keer deur verskillende groepe beset is, meen een van die ouderlinge in dié kerk dat die gebou veilig sou wees en is op die altaar deur Noord-Koreaanse soldate doodgeskiet.

Ek weet nie watter gemeente hierdie kerk in Jongno-gu,  Seoel-sentraal, dien nie.  Dit kan dalk ‘n evangeliese kerk wees.  Die strak moderne voorkoms is treffend.

Hierdie kerk het ek op afgekom toe ek in die Insa-Dongomgewing verlore geraak het.  Ek moet erken:  om verlore te raak, is soms ‘n openbaring wat jy nie andersins sal hê nie.  Die naam van die kerk was vir my vreemd:  die Presbiteriaanse Kerk van Andong.  Andong is ‘n stad redelik ver van Seoel af, in die oostelike deel van Suid-Korea.  Ek vind die vorm van dié kerk geslote.

Die beeld is ‘n weerkaatsing van ‘n Presbiteriaanse kerk in Samseong, Suid-Seoel.  Wat vir my hier merkwaardig was, was die kleurglasvensters.

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Maart, 2019

 

My foto’s

 

 

 

 

Advertisements

Tagged:

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: