Die Bernward Deure

By Hildesheim, Neder-Sakse, was ek bevoorreg om die bekende Bernward Deure aan die St Michael Kerk te sien.  Ek moet eerlik wees, ek onthou so te sê niks van die binneruim van die kerk behalwe die Romaanse boë.  Dit was die figure aan die deure wat my geraak het en by my bly.  Hulle word op 1015 a.d. dateer.

Die panele aan die linkerkant beeld tonele uit die Ou Testament; die panele regs, die Nuwe Testament.  Die Deure is uit brons gesmee, ‘n mengsel van koper en lood, merkwaardig vir die tyd.  Die styl is tussen Ottoniese kuns en vroeë-Romaans.

Adam en Eva by die Boom

Adam en Eva verdryf. Let die likkewaan duiwel.

Hierdie kuns, dié figure, is verwyder van die Grieks-Romeinse wêreld, verwyder ook van Bisantynse kunsstyle vyf honderd jaar tevore.  In die verband is dit ‘n nuwe kuns, die kuns van ‘n opkomende Europa.  Dit wil naïf voorkom, amper die wêreld van die kind.  Tog is daar subtiele eienskappe  — die koppe van hierdie figure is buite verhouding met die liggame.  Die oë is buitegewoon groot, ‘n eienskap wat sou voortduur, tot ons dit sien in die werk van Ernst Barlach in die 20ste-eeu.

Abel se offerande

 

En daar is drama.  Min van hierdie panele toon figure wat statiese portrette is.  Daar is tonele van aksie — Kaïn dood Abel;  God verdryf Adam en Eva van die Paradys.  Hulle is bedrywig, hierdie figure.

God as oordelende Regter

 

Die Engel by Maria. Let die Bisantynse argitektuur in die agtergrond.

Die gewyde beelde van die volgende eeue, veral goties, sou staties en statig word.  Maar Romaans, waar dit voorkom, gryp ons aan, verbaas ons, met ‘n jeugdige vitaliteit.

Josef, die Kind en Maria

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Maart, 2019

 

Bron

Wikipedia Bernward’s Doors

 

Beelde

Deure – wikipedia

Adam en Eva – prezi

Adam en Eva se skaam – bron verloor

Josef, Maria en Kind – Kahn Academy

God in oordeel – hippostcard

Maria en Kind – mariendom Hildesheim

 

 

Maria en Kind

 

 

Advertisements

Tagged: , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: