Drie Beeldhouwerke – wat hulle vir my beteken

Die modernisme, in ‘n karige veertig jaar, het die Westerse kultuur transformeer.  Ek offer drie voorbeelde wat dié gedagte illustreer, met ‘n paar gedagtes.

Openbare beeldhouwerk, as dit ‘n mens dui, was tradisioneel polities of kultureel.  Henry Moore dra by aan die verandering.  Hierdie “Ovale”,  uitgestal in ‘n pragtige park as openbare werke, is vir my soos ‘n akkoord van musiek.  As vorme, reflekteer die een die ander;  die een voorspel die ander.  Vir my gaan dit oor gevoel eerder as die verwysing na een of ander belangrike mens.  Die simmetrie van hierdie werk, al is die vorme organies, loop die natuur verby.

Constantin Brancusi word deur sommiges as die vader van modern beeldhouwerk beskou.   Vir my, vang hy ‘n kern vas, soekend na die oervorm.  Hy verlos my van kompleksiteit, reik terug na wat primêr is, reik vorentoe na ‘n eteriese reinheid.  Hy skei af besonderhede en keer na eenvoud terug.

Barbara Hepworth het abstrak gewerk, ‘n kenmerk van die modernisme.   Hierdie vorme het tog vir my ‘n neiging na dit wat verteenwoordig — dit mag ‘n samekoms van mense wees.  Die beligting verleen ‘n verenigende gloed, terwyl elke figuur sy eie vorm het, as individueel.  Die geronde marmer roep warmte op, ‘n gees van simpatie.  Is dit ‘n ander wêreld, dié?

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Maart, 2019

 

Beelde

Die bronne van hierdie beelde is verloor.

 

My ‘Slapende Kop’, na Brancusi

 

 

 

 

 

Advertisements

Tagged: , , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: