IRONIE IN DIE GESKIEDENIS

Die sade van die Christengeloof in Frankryk kon wel deur Paulus self gesaai gewees het.  Daar is ‘n legende dat hy Antipolis (vandag Antibes) besoek het.  Ek voel steeds die druk om ‘n verhaal oor die ontdekking, in ‘n verskuilde grot, van Die Brief aan die Inwoners van Antipolis te skryf.  Ons praat van twee duisend jaar gelede. Twee honderd en vyftig jaar ná Paulus, het die Kruis sentraal in die geloof en kultuur van dié gebiede, later Frankryk, geword.  Dit geld ook seker vir Europa. Verbeeld jou dan my verbasing en die ironiese respons toe ek die volgende beeld op ‘n toiletreiniger sien.

Daar sal moontlik diegene wees wat hierdeur geïnspireer word  — die Kruis word oral gevind.  Ek huiwer.  Watter ander motief kon daar gewees het?  ‘n Interessante bespreking …  Dalk verleen die Maltees vorm van hierdie kruis ‘n leidraad.

Richard, die Leeuhart, befaamde kruisvaarder, wat die Engelse leër op die Derde Kruistog deur die Midde-Ooste gelei het, Ciprus ingeneem het en Guy de Lusignan op die troon gestel het, om maar een ding te noem, en wie se naam as held in Europa sal voortleef … Hier is die naam weer, ‘n advertensie vir camembert en coulommier — Doux et Crémeux — wat « frabiqué en Normandie » word.

 Ek wonder wat hyself hieroor sou gesê het.  Die doux en crémeux pas nie juis nie die beeld van die skrouende, swaardswaaiend kryger nie.  Ja, die camembert is tog bietjie sterker, maar nog steeds nie toepaslik nie.

Dan, Garibaldi … In Nice, is daar ‘n Place Garibaldi met ‘n standbeeld van die man omring met Piedmontiese argitektuur.  Hy is hier gebore, toe Nice en Savoie deel van Italië was.  Dié twee streke het in 1860 Frans geword, ná onderhandeling met Italië en as gevolg van die Franse bystand met die verdrywing van die Oostenrykse besetters in die Italiaanse Skiereiland.  Vir een of ander rede dink ek aan Ché Guevara as ek aan Garibaldi dink.  Tussen alles wat hy gedoen het, het hy die oorname van Nissa la Belle, sy geboorte stad, en die Savoie, gehaat, en wou hartstogtelik dié twee streke met die verenigde Italië inlyf.  Hy het gesterf sonder dat hierdie passie verwesenlik is.  Die Franse swaai hom lof toe, hulle wat destyds oorweldigend gestem het om Frans te wees, eerder as Italiaans.

Die droefheid in die beeld se gelaat vertel die storie.  Die duif op sy kop is nie permanent nie.

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Junie, 2018

 

Bron

John Julius Norwich: The Middle Sea (Vintage Books, 2007)

Beelde

My foto’s

 

 

 

Advertisements

Tagged: , , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s

%d bloggers like this: