VERLORE EN GEVIND IN NICE

Dis ‘n vreemde paradoks om ‘n groot ou stad verlore te raak.  Jy’s teleurgesteld, natuurlik, dat jy nie te sien kry nie wat jy beplan het.  Maar gister, soos die strate en geboue al vreemder word, sien ek wat ek nooit normaalweg sou gesien het nie … treffende moderne argitektuur … pragtige teëlwerk op ‘n gebou …

Vensters, moderne hotel

Refleksies, Acropolis-gebou

Teëlwerk

Toe ek twintig kilometers (so het dit gevoel) gestryk het, vind ek my weer op Avenue Felix Faure wat parallel loop met die Park van die Kunste.

Skielik kom ek voor ‘n reuse stuk beeldhouwerk te staan … ‘n kubieke-kop seker vyf verdiepings hoog.  Ek wonder of dit die grootste van sy soort in Frankryk is.  Ek het so ‘n werk elders in die stad al gesien, maar dié was ‘n skamele drie meters hoog.  Die stadsbeplanners, lyk dit my, wil die kunsbeeld van die stad drasties uitbrei.  Nice was nogal altyd die kunshoofstad van die suide.

Maar dié figuur … ek sal mettertyd vasstel wie se kop, hart en hande hierdie beeld gemaak het, maar ek voel aangedryf om die sluis bietjie oop te draai.

Dit is ‘n vreemde keuse.  ‘n Simbool van blindheid, dalk, van geslotenheid in vierkantigheid.  Dit kan veel impliseer.  Dit het strak teen die blou van die oggend voorgekom, sterk en gehoue, met mensies wat heen en weer op die sypaadjie onder die oordonderende gelaat krioel.  Is hierdie werk ‘n waarskuwing?  Is dit ‘n pleidooi?  Is dit ‘n beeld van die mens in ‘n post-geestelike wêreld?

Houtskool-grys en heldhaftig, steur dit my met die meedoënlose mag.  Ek het vreemde gedagtes.  Ek dink aan Magritte se Gelaat met Appel.  Is daar moontlik ‘n glimag op die mond van hierdie reus?  Gewaar ek my eie blindheid, my eie glimlag?

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

April, 2018

 

My foto’s

 

 

 

Advertisements

Tagged: , , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s

%d bloggers like this: