Les Pins — oppad na ‘n perfekte woonomgewing

Wat sou die perfekte opset om in te bly wees?  Na wat strewe ons wanneer ons sê, Dit is die nou volmaakte begrip van vesting vir die mens?  Hierdie kwessie het argitekte laat woel en wroeg in die 20ste eeu.  Onder andere, het Le Corbusier van die twintigerjare af gepoog om die uiteindelike woonomgewing daar te stel.

Deel van die Les Pins-woonstelreeks met Place Charles Cros op die voorgrond

Ek het huidig die voorreg, meen ek, om myself te bevind in ‘n woonomgewing wat na aan dié beginsel is.  Ja, sal iemand teenwerp, as daar geld is, is enige iets moontlik.  Ek kap tee:  as geld belangrik is, is die verbeelding ewe belangrik.  In Suid-Afrika, lyk dit my,  is ons groot probleem slegs om mense uit krotvestings te kry, maar tot watter mate neem ons dit net ‘n hanetreetjie verder?  My ervaring in Les Pins, by Les Semboules, ‘n voorstad van Antibes aan die Côte d’Azur, kan dalk lig op die saak werp.

Place Charles Cros, laatmiddag

Woonstelle

Les Pins (“Die Denne”), ontwerp in die sewentigerjare, gebou in 1980, is ‘n reeks woonstelblokke, die hoogste vyf verdiepings, wat langs ‘n woud gebou is, met spasie tussenin vir tuine, bome en selfs ‘n paar losstaande wonings.  Die woonstel waar ek en Claudie bly, kyk af op ‘n groterige place waar kinders op fietse rondry en sokkerballe skop.  Nooit kry mens die gevoel van oordonderende woonstelblokke wat tien, vyftien, twintig verdiepings beslaan nie, en wat die spotnaam menslike liaseerkabinette op hulleself jaag.

Die koerantkamer in die mediatheque

Wat vir my so merkwaardig is, is dat, binne loopafstand, is die meeste geriewe:  daar is cabinets medicaux — drie of vier huisdokters se praktyke; daar is ‘n goed ingerigte mediatheque, oftewel,‘n biblioteek; ‘n epicerie wat sekere kruideniersware en groente voorsien aankoepelend met ‘n klein eetplekkie, informeel, maar David Marseille, die kok, het meermale van my komplimente vir sy cuisine ontvang.

Die Terrier-woud (regs), woonstelle (links)

Die epicerie en restourant

Dan is daar ‘n tandaarts en sy vrou wat ‘n sielkundige is, ‘n spesialis met adolessente. Ook beskikbaar, veral in diens van bejaardes en sieklike mense, is daar twee kantore van rondreisende verpleegsters. Ook ‘n apteek, ‘n creche, ‘n fisioterapeut, ‘n bakkery, ….

… ‘n wassery, twee haarsalonne, ‘n klein bistro, ‘n eiendomsagent, ‘n klein laerskool, kamers met musiekinstrumente ingerig waar kinders en volwassenes kan leer en oefen, ‘n kerkie en die busdiens (elke twintig minute) wat jou Antibes toe neem, vanwaar jy die uithoeke van die Côte d’Azur kan bereik.   Daar is ‘n hartfabriseerder — ‘n openbaar beskikbare apparaat, ingeval jou hart loop staan.  Daar is selfs ‘n seksoloog, as jy dit nodig het. (Geen verband tussen die twee.)  Alles binne loopafstand.

Ja, maar dis seker ‘n baie opmark plek, sal iemand opponeer.  Tog nie.  Die ontwerpers het vooraf aan dié dinge gedink en plekke ingeruim.  Jean Leonetti, die destydse burgermeester van Antibes, seker in die gees van Le Corbusier se ideale, het die projek sy persoonlike steun gegee − die begrip van ‘n eksperimentele woonomgewing.  Dit is beduidend dat ek nou die dag gehoor het van ‘n persoon wat ‘n peperduur woonstel in Cannes bekom het en dat juis tussen dié miljoene (ek praat van euro’s) pronk daar slegs ‘n warmwaterswembad.  Net dit.

Sementreliëf in die toegangsstraat van Les Pins

Mens kan skaars die verskynsel van Les Pins glo.  Maar dit is die vrug van beplanning en verbeelding.  Daar is ook meer as ‘n knyp idealisme.  Laat ons in Suid-Afrika bietjie verder dink as “dak”.

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

April, 2018

 

Beelde

My foto’s

Klim op, as jy rugby wil speel of kyk

 

 

 

 

Advertisements

Tagged: , , , ,

2 thoughts on “Les Pins — oppad na ‘n perfekte woonomgewing

  1. Huldah van Wyk April 23, 2018 at 2:07 pm Reply

    Dis nou n puik plek om in te woon..ja, selfs met HOP huise behoort verdiepings oorweeg word, of ooptes tussenin. As daar maar net nie dan juis daar geplak word nie!

    • Will van der Walt April 26, 2018 at 1:45 pm Reply

      As ons in SA net by daai geriewe beginsel kan uitkom. Maar dit beteken dink, en dit wil ons nie doen nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s

%d bloggers like this: