DIE SARASEEN TORINGS, Antibes

Elke stad het ‘n ikoniese aangesig en Kapenaars het seker die grootste ter wêreld.  Die welbekende beeld van Antibes is Les Remparts met die twee torings.

Les Remparts deur Henri-Edmund Cross 1908

Hieroor het Guy de Maupassant vroeër geskryf  “… Ons kon die huise op mekaar sien klouter tot die twee torings teen die lig, soos horings aan ‘n oeroue helm …”  En die verwysing na ‘n soldaat se helm is die weerklank van ‘n geskiedenis wat tot die Grieke in 5de eeu v.C. strek toe verdediging van die stad groot sake was.

In die Cross skildery kom die regter toring as langer  voor.  In die werklikheid is dit nie die geval nie.  Die toring aan die linkerkant is langer, 30 meter van die grond af.

Dié toring wat vandag eng met die Katedraal betrokke is, is ook veel ouer.   In ‘n toevallige gesprek met ‘n Amerikaner wat langs die toring bly, word ek bewus gemaak van die Grieks-Romeinse gravering Antipolis, die oorspronklike naam van Antibes, op een van die onderste stene.

Grieks-Romeinse gravering van Antipolis op die toring

Volgens die geskiedskrywers kry hierdie twee torings eers die huidige vierkant vorm tussen die 11de en 12de eeue, aangevoer deur ‘n veel ouer tradisie hiervan in die Italiaanse skiereiland.  In dié tyd word die gebou wat later die naam Château Grimaldi sal kry, met sy toring opgerig.  In die Middel-eeue, dus,  sluit die tweede toring aan by die doelwit van die eerste en dit is uitkyktorings.  Maar die vyand is nie meer die Leguriër-barbare nie wat eeue vroeër met die Romeine die onderspit gedelf het.  Nou is die bedreiging die Sarrasiene uit Noord-Afrika en destydse Spanje.   Die Dictionnaire stel dit as “die terreur van die Sarasene”.  Die klok in die toring sou die burgers van die dorp waarsku dat daar vyandskepe op die gesigseinder lê.

Vandag weet toeriste en die handelaars in die Massena-mark dat dit twaalfuur is, wanneer die klok klink.  En dit is nie meer ‘n waarskuwing nie.  Mens kan redelik seker wees dat dié klok ook geklink het die dag toe die Duitse soldate in Augustus, 1944, die strate van Antibes finaal verlaat het.

In Kaapstad skiet die kanon twaalfuur van Seinheuwel.  Stel julle horlosies, eerder as tel ‘n geweer op.

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

April, 2018

 

Bronne

Pierre Tuson:  Dictionnaire d’Antibes Juan-Les-Pins

Félicien Carli:  Antibes Petite Histoire de l’Architecture.  Editions du carlo

 

Beelde

My foto’s

 

 

 

Advertisements

Tagged: , , , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s

%d bloggers like this: