DIE FEES VAN DIE MALLES  

Eerste in ‘n reeks van drie

Dit is vir my interessant dat só ‘n fees — die Fees van die Malles — eintlik oral in verskillende vorme ‘n verskyning maak.  Geraas en maskers en kostumes en grimering — alles deel van so ‘n fees of karnaval.  Die vorme en die redes is anders, maar die gees bly dieselfde.

Masker, Mardi Gras, New Orleans

‘n Historikus oor die stad van Antibes meen dat hierdie fees, ook bekend as die Fees van die Onskuldiges, vanaf die Middeleeue al ontstaan, gewoonlik kort ná Kersfees of vroeg in die nuwe jaar.  Die Kerk se owerhede het dit goedgekeur en priesters kon deelneem. Maar die mens hel altyd van een uiterste na die ander.  In die vroeë deel van die 16de eeu het die Kerk die Fees stopgesit.

Kaapse Klopse

Dit laat my dink aan die sestiger- en sewentigerjare in Suid-Afrika toe die regering streng beperkings op die Kaapse Klopse geplaas het, seker ook omdat daar ‘n “moffie-pelaton” bygekom het.  Huidig poog die burgermeester van Rio de Janeiro om die Rio Karnaval stop te sit.  Blaf maar teen die storm.

Musikante, Mardi Gras, New Orleans

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Maart, 2018

 

Bron

Pierre Tuson:  Dictionnaire d’Antibes Juan-Les-Pins

 

Beelde

Masker – evenbrite.com

Klopse – erica.com

Musikante – myneworleans.com

 

 

 

Advertisements

Tagged: , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s

%d bloggers like this: