DIE FEES VAN DIE MALLES 

Tweede in ‘n reeks van drie

Klein besonderhede in die argiewe van die geskiedenis van Antibes laat uitglip hoe die Fees was en wat uiteindelik die verbod op hulle geja het.  Mens lees tussen die reëls waar dit staan dat hulle nie juis psalms en gesange gesing het nie.  Ek meen dat die singery erg sekulêr was, en dit is ‘n eufemisme.

Karnaval narre

Die rol van maskers is vir my ‘n aangrypende aspek van so ‘n fees.  Ek het in my drama-onderwys beleef hoe maskers mense “verander”.  Met die Klopse in die Kaap is daar tradisioneel wit-en-swart grimering wat as masker dien.  Agter ‘n masker kan jy laat waai.

Evolusie van Klopse grimering

Met die Klopse, is die rol van die Voorloper dit wat die “malles”-tema sterk vir my na vore bring.  Terwyl die musikante met hulle uniforms in gedissiplineerde geledere marsjeer, dans die Voorloper hulle vooruit soos ‘n besetene.  Hy is wild, hy is mal, hy is bisar, hy is arms en bene en kniekoppe en elmboë.  Ja, hy is Dionisies.

V o o r l o p e r

 

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Maart, 2018

 

Bron

Pierre Tuson :  Dictionnaire d’Antibes Juan-Les-Pins

 

Beelde

Twee narre – my tekening

Klopse 3 – Erica.com

Voorloper – my tekening

 

 

 

Advertisements

Tagged: , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s

%d bloggers like this: