TWEE GEDENKBEELDE

Die ligging van die Poilu. Fort Carré regs bo.

Een uit die Eerste Wêreldoorlog; die ander, die Tweede … figure wat totaal uiteenlopend is, soos die oorloë wat hulle herdenk, so kontrasterend as die loopgrawe van Somme en Verdun, en die agterstraatfluistering van die Weerstand.

Poilu geraam met sipresbome

Die Poilu staan ver van die middedorp, oorkant die hawe aan die hange van Fort Carré, ‘n onverbiddelike figuur, in ‘n dik jasuniform, stewels, waterbottel, kossak en geweer.  Van die sypaadjie, saam met die voetstuk staan hy twintig meter hoog, geraam met sipresbome.  Die fronsende gelaat kyk ver oor die Baai van Engele in Nice se rigting.

Die gelaat kyk ver

 

Om die voetstuk is die name grafeer, die name … die name …  Wie was Louis Roux ? Wie se vader was hy, wie se broer, wie se kind?

Die name … die name … 

Die woord Poilu beteken harig of ongeskeer, wat tipies was van soldate in die loopgrawe.  Die woord dui eintlik soldaat aan.  En daar is ‘n interessante, dog triestige legende oor die beeldhouer Henri Bouchard wat, ná die oprig van die figuur in 1918, selfmoord gepleeg het.  Die rede, sê hulle, is dat hy het ‘n fout gemaak met die figuur:  die wapen is in sy linkerhand en dit was veronderstel om in sy regterhand te wees.

Poilu met die vuurwapen in die linbkerhand

Die ander standbeeld in is die middedorp van Antibes op Place de la Republique, waar die gedruis van mense oppad na die oudorp, ‘n paar treë ver is.  Dié figuur het geen uniform nie, het geen wapen nie, geen waterbottel en geen helm nie.  As martelaar, is hy naak.  Hy staan nie regop soos Poilu nie;  hy is tussen arms en hande verwronge.  In sy pyn, kyk hy af.

Denkmal vir die martelaars van die Franse Weerstand

 

Naak soos ‘n martelaar    

Daar was drie beeldhouers — die Meyer-broers van Grenoble en Léon Delsaut, elkeen lede van die Franse Weerstand en persoonlik geëer deur Charles de Gaulle.  Hulle stryd teen ‘n gedugte vyand was die skadu-oorlog genoem of die oorlog sonder uniforms.  Die figuur, effens meer as twee meter hoog, laat my aan Rodin se figuur van Die Poort van Hel dink.

Rodin figuur

Dit is ook by dié standbeeld in Antibes wat slagoffers van  hedendaagse terrorisme in Frankryk geëer geword het.

©  Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

November, 2017

 

Bron

Pierre Tosan : Dictionnaire d’Antibes Juan-Les-Pins. HEPTA Antibes, 1998.

 

Beelde

My foto’s

Rodin – arplastik.com

 

 

 

   

Advertisements

Tagged: , , , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: