EK IS TERPON – ‘n boodskap, 2500 jaar oud

Hy het dit onder die fondamente van sy huis gekry.  Die jaar was 1866.  Dit het 33 kilogram geweeg, die gewig van ‘n swaar reistas, ‘n stuk marmer in die vorm van ‘n reuse sigaar, glad geskuur.  Daarop was ‘n boodskap, duidelik graveer,  2,500 jaar oud.

Die vonds word die Keiklip van Antibes genoem;  op Engels, “pepple” of “cobblestone” en op Frans “le galet”.  Dit word beskou as die oudste Griekse gravering in Frankryk.  Die ou-Grieke het die Fonesiërs se kolonies seker vanaf die sesde, sewende eeu v. C. beset.  Marsala (vandag Marseilles) was die hoofstad.  Antipolis (vandag Antibes) was een van die kolonies.

En die boodskap …

                               EK IS TERPON, DIENAAR VAN DIE MAJESTEUSE GODIN AFRODIET. 

                                     MAG CIPRUS  DIEGENE WAT MY HIER PLAAS, BELOON.

Die Keiklip van Antibes

 

Vanaf 1866, toe Dr Pierre Mougin de Rochefort die keiklip onder die fondamente van sy woning opgediep het, word daar oor die “galet” bespiegel.  Is die “Ciprus” iemand van gesag se naam?  ‘n Persoon wat dalk in die hierargie van die Afrodiet-kultus ‘n hoë rang beklee het?  Is dit ‘n verwysing na Ciprus, die eiland in die Middelandse See? Dat die eiland personifiëer word in die naam Ciprus?

Ons weet dat die kultus van Afrodiet oud is.  Dit het seker in die Midde-Ooste ontstaan, onder ander name, en toe geleidelik in die Griekse panteon ingewikkel, en selfs word daar in die mitelogie gedebateer, of sy op die Griekse eiland Citera gebore is of op Ciprus self, waar die kultus al sterker geword het.  Daarna het haar kultus vanaf Ciprus na die vasteland en deur die Middellandse See versprei en nie sonder rede – sy was die godin van liefde (veral erotika) en skoonheid.

Afrodiet – erotiese liefde

… en skoonheid

As die argeologie ‘n soort speurverhaal is, is die menslike faktor vir my ook aangrypend.  Wie was Terpon?  Wat het hy hom verbeel toe hy die marmer daardie dag graveer?  Wie het hy gedink sal dit vind en dit lees?  Oor hoeveel jare?  Oor hoeveel beskawings heen?  Vir my is daar nog ‘n vraag: Wat sou ék daar graveer?  Wat wil ek die nageslagte laat lees?  Vir die beskawings wat voorlê.

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Julie, 2017

 

Bronne

Eric Delaval, Robert Thernot: Objets d’Antipolis. Memoires Millénaires. 2011.

Pierre Cosson: Antibes Juan Les Pins et al. Guide Historique et Touristique. Editions Gismondi. Cypris. 1989.

Internet: Fergus Murray : The Cult of Aphrodite;  Jacqueline Karageorghis: Goddess of Cypris;  Wikipedia: Aphrodite

Beelde

Keiklip – Pierre Cosson

Afrodiet – Fergus Murray

 

 

 

 

Advertisements

Tagged: , , , ,

One thought on “EK IS TERPON – ‘n boodskap, 2500 jaar oud

  1. Lucia Wels August 11, 2017 at 2:49 pm Reply

    Willem, jou Loer Toer-sketse is die een net so aangrypend soos die ander…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: