Nicolas de Staël

Deur die skreef van ‘n halfoop deur sien ek ‘n skildery teen die muur van die dokter se spreekkamer   ̶   ‘n na-aan-abstrakte beeld van ‘n naakfiguur, ‘n vrou met lang swart hare.  Ek erken dit as ‘n werk van Nicolas de Staël.  En kyk jy, sien jy dis oorsponklik, en dit sê iets oor die inkomste van hierdie oogarts.

Nu couché bleu, Antibes, 1955

Nu couché bleu, Antibes, 1955

Juis ‘n beeld van hierdie skildery is onlangs as poster vir ‘n retrospektiewe uitstalling van die kunstenaar se werk gebruik.  En dit in Huis Grimaldi, ‘n 15de eeuse gebou wat op Grieks-Romeinse fondamente staan, wat gepas is:  die ateljee van die kunstenaar in die laaste jare van sy lewe was letterlik om die hoek van die museum, “sewentig treë,” in sy eie woorde.

Seemeeue, Antibes, 1955

Seemeeue, Antibes, 1955

 

Ek het die uitstalling besoek.  Hy was bekend vir abstrakte werk, die vorm waarop modernisme roem.  ‘n Kritikus sê dat De Staël toudans tussen abstraksie en figuratiewe beelding.  Nog ‘n skrywer sê, “Die skildery … toor soos ‘n wonderlike ysberg, deur die skoonheid van stilforme in kristal …”  Vallende, stygende blokke van herfskleure, grys teen swart …  Ek erken:  dit spreek nie dadelik tot my nie.  My waardering moet oombliklik wees en abstraksies soos dié van Delaunay, Mondriaan en Kandinsky is my meer toeganklik.  Dalk as ek met een van die De Staëls saamleef, elke oggend bekyk as ek my koffie proe, sal ek die innerlike logika begin aanvoel.

Sy lewensverhaal raak my.  Hy was ‘n buitegewone lang man en Time-tydskrif beskryf hom as “husky”, tydends uitstallings in Amerika in die vroeë-vyftigerjare.  Hy is in Rusland gebore en sy ouers het voor die 1917-revolusie gevlug.  Hulle is altwee in Danzig dood en die seun word toe deur ‘n Belgiese gesin aangeneem; aldus, die Vlaamse van.  Hulle het gou sy vermoëns agtergekom en hom Parys toe gestuur.  Vir twintig jaar neem hy abstrakte kuns tot ‘n ander vlak.  Sy ontydige dood, geslaan aan sy eie hand, is ‘n groot verlies vir die kunswêreld.  Hy was een-en-veertig jaar oud.

de-stael-face

Twee van sy skilderye veral spook by my.  Een is die naakfiguur wat op haar rug die wêreld bepeins.  Sy is toegegooi onder ‘n ongebroke vlak rooi en dit wil voorkom of sy (seker die kunstenaar se vrou) nou moeg is vir hierdie poseerstorie en begin omdraai om te slaap, as mens kyk na die been wat lig.  Dis haar gees, gevoelens, wat hy skilder, nie haar voorkoms nie.

Die tweede is die beeld van Fort Carrée wat hy van sy ateljeevenster oor die hawe kon sien.  Dit grens ook aan abstraksie.  Die wit blokkies stel seker seiljagte voor en die fort self, dapper en helder op die hoogte, staan teen ‘n verdigtende swart en loodgrys hemel wat ook die voorgrond verdonker.  Dié twee werke vroeg in 1955 was van sy laaste.

Fort Carrée, Antibes, 1955

Fort Carrée, Antibes, 1955

 

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Desember, 2016

 

Bron

Bruno Racine (red.) – Nicolas de Staël.  (Centre Pompidou, Parys. 2003)

Nicolas de Staël, un automne, un hiver – Musée Picasso, Antibes.  2005.  Die vertaling parafeer :  « La peinture … enchante, à la maniére d’un superbe iceberg, par la beauté des ses forme figées en cristaux … »  (p. 33) – Valentine Marcadé.

 

Beelde

Naakbeeld – foto willem

Fort Carrée – ontleen uit Racine

Seemeeue – ontleen uit Racine

Foto van kunstenaar – citations.savoir.fr

 

 

 

 

Advertisements

Tagged: , , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: