Romaans en Barok: twee ervarings

Ek staan in die skemerlig in die naaf van Kloster Eberbach op die oewers van die Reinrivier.  Ek sing ‘n C, ‘n E en ‘n G en die weerklank is ‘n perfekte akkoord, ‘n weerklank vanaf die twaalfde eeu, tot die 21ste eeu.  En dan, stilte. Eberbach is ‘n Cisterciënser Romaanse katedraal wat deesdae meer vir opnames gebruik word as vir eredienste.  Romaans, vertel hulle my, is die eerste groot argitektoniese styl in die opkoms van die Europese kultuur, dit wat die goties vooruitgeloop het.  Die Italiaanse/Romeinse invloede is duidelik, maar die Europeërs het op hulle beurt hulle eie invloede in Italië laat geld.

Ste Raparate, Nice: lig en kleur

Ste Raparate, Nice: lig en kleur

Nou staan ek in helder lig onder die koepels en boë van Ste Reparaté, die Nice katedraal in die oudorp van die stad, ‘n suiwer barok ervaring.  Ek sing nie.  Ek neem foto’s.  Om my klik ander kameras.  Daar is nie juis weerklanke nie:  dié katedraal is in die tweede helfde van die sewentiende eeu op die werf van ‘n middeleeuse kerk gebou.

Die barok as trompetgeskal

Die barok as trompetgeskal

Die twee ervarings is so uiteenlopend dat mens wonder of dit steeds dieselfde geloof is.  My wéreldskouing is gevorm deur die Modernisme (1890-1930), ‘n tyd toe Europeërs weer die kernbetekenis van dinge wou ondersoek, gestroop tot essensies.  Romaanse argitektuur doen dit ook vir my.  Daar is ‘n “stilte” in die ervaring van hierdie boustyl, iets wat wel uit die lewens van monnike voortspruit.  Barok is ‘n trompetgeskal.  Die Kerk sê Kom ons kry die gelowiges, ná die Reformasie, terug onder ons vlerk; ontwerp die kerke en katedrale anders.  Laat die klem op lig en kleur val  —  goue krulle (sommer baie); marmerpilare, –pilaste en — vloere; stygende engele; kunswerke, en die koepels wat hierdie besige ruimte met lig vul.  Die stilte is nie meer daar nie, nie vir my nie, want ek het as tiener al gevoel ‘n kerk is op sy volste wanneer dit leeg is.

 

Le Thoronet Nave.jpg

Thoronet: die koel saal van stilte

Ek sien uit na my besoek aan Le Abbaye Thoronet, sowat ‘n uur se ry van waar ek bly.  Dit is in die jaar 1136 gestig. Die katedraal en geboue kompleks word gesitueer in die woude van die Var, noord-wes van Cannes, ver van die geroesemoes, geraas en werskaf van die Côte d’Azur.  Hier staan mens weer, soos die digter dit sê, in die koel saal van stilte.

Thoronet: van alles ver

Thoronet: van alles ver

© Willem van der Walt

Februarie, 2015

www.loertoer.wordpress.com

Foto’s:  Ste Reparaté (Willem)

Thoronet, uit Romanesque, red. R. Tomain, Könemann 2004.

Thoronet, php 4.arte.tv  

 

Advertisements

Tagged:

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: