Visvywers by Stilbaai, Suid-Kaap

Die visvywers op die strande by Stilbaai – klipkrale uit die strandrotse gebou – is al aan vanaf die 17de eeu aan die koloniste van die Suid-Kaap bekend.  Dié vindingryke manier om visse met die getyaksie te vang is, volgens die argeoloë, deur KhoiSan mense (“Strandlopers”, soos hulle genoem is) al drie duisend jaar in gebruik.  Dit is nie verregaande om te dink nie dat dit veel ouer as dit is.

Viskraal

Viskraal

Nie te ver hiervandaan is die Blombosgrot, nou wêreldberoemd, wat in 1991 ontdek is, ‘n argeologiese werf, tenminste 100,000 jaar oud, wat die geskiedenis van die mens herskryf.  En die vraag onstaan:  Is die kultuur van die visvywers aaneenlopend vanaf daardie oertye?

Wag vir die springgety

Wag vir die springgety

Op die Nasionale Gedenkwaardigheid visvywersbordjie lees ons:

“Oor die jare het die aangenome ‘eienaars’ van viskrale dié strukture herbou, instand gehou en daaraan toegevoeg, om uiteindelik die ingewikkelde sisteem tot stand te bring wat hier  te sien is.  ‘n Toegewyde en kundige groep Stilbaai bewoners hou steeds die tradisie van visvang, tydens donkermaan springgetye, deur middel van die visvywers by die Rooikoppe instand.  Hierdie visvywers is ‘n kultuur-historiese erfenis van groot waarde …”

Wag vir die donkermaan

Wag vir die donkermaan  

© Willem van der Walt

9 Februarie 2014

www.loertoer.wordpress.com

Foto’s:  Willem

 

 

Advertisements

Tagged: , , , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: