TANCH’ŏNG – KLEURE VAN VREUGDE

Wat my allereerste in die tempels van Korea opgeval het, is die boeiende kleure.  Dan die patrone. Dan eers die strukture. Ek het my verkyk aan die tanch’ŏng, ‘n skilderkuns wat tweeduisend jaar gelede teen die skiereiland se grotmure ontstaan het. Tanch’ŏng  bedien hom van die vyf basiese kleure – rooi, blou, geel, swart en wit – en ‘n reeks tradisionele patrone waarin veral die lotusmotief gebruik word.

'n Trom-portaal, Bongeunsa, Seoel

‘n Trom-portaal, Bongeunsa, Seoel

Ek het my telkens oor die tanch’ŏng  se  besonderhede verwonder. So fyn dat dit aan filigraanwerk herinner. En die liefdevolheid waarmee dit geskep is, is byna voelbaar. ‘n Mens merk die fyn werk veral aan die  tempels se stutbalke, maar ek het dit ook op die dak van ‘n moderne ingang by Bongeunsa in die suide van Seoel teëgekom.

Ingang tot Bongeunsa, Seoel.

Ingang tot Bongeunsa, Seoel.

Hoe ook al, wat ook merkwaardig  van  tanch’ŏng is, is die wyse waarop die styl spontaan in figuurbeelding  oorgaan – ‘n draak op ‘n trom, byvoorbeeld, of menslike figure.  Ek het ook tanch’ŏng-skilderye by ‘n  uitstalling in die Cheongjui-tempel  teëgekom. Hierdie keer op ruwe teëls en ooglopend daarop  bereken om verkoop te word.

Tanch'ong-skildery op teel, Cheongjui-tempel

Tanch’ong-skildery op teel, Cheongjui-tempel

Tanch’ŏng spreek tot jou. ‘n Mens vereenselwig dit met louter vreugde.  Die Koreane beskryf hierdie treffende skilderkuns nie verniet as majestuees nie. ‘n Gepaste woord want uit die Koreane se liefde vir primêre kleure kom kuns met ‘n soort verhewendheid. En dié kuns  vind ook neerslag in tradisionele kostuums, waaiers en lappieswerk.  En altyd gaan daar iets  soos ‘n kinderlike vreugde van die kuns uit.

Stutbalke, Bulguksa-tempel.

Stutbalke, Bulguksa-tempel.

© Willem van der Walt

Julie, 2007 – Junie, 2008

www.loertoer.wordpress.com

Foto’s:  Willem

 

Advertisements

Tagged: , , , ,

2 thoughts on “TANCH’ŏNG – KLEURE VAN VREUGDE

  1. Stephan Theron January 7, 2014 at 3:06 pm Reply

    Dagse

    Ek punliseer twee aanlyn tydskrifet vir Suid Afrokaners wat in Engeland en Amerika bly. Ek het n Afrikaanse seksie in die tydskrifte en het gewonder of jy dalk wil bydrae met n stukkie in ruil vir bemarking van jou Loer Toer blog

    https://www.facebook.com/pages/THE-SA-EXPAT-UK-EDITION/104251966279536

    https://www.facebook.com/saexpatusa

    Laat weet gerus

    Groete

    Stephan Theron saexpatuk@aim.com

    • Will van der Walt February 24, 2014 at 3:20 pm Reply

      Hi Stephan Ek het nog nie weer van jou laat hoor nie. Ek stel wel belang in die offer.

      Laat weet.

      Groete
      Willem

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: