Die Uilhuis, Nieu Bethesda

Ek kan nie met demptone oor Helen Martins se Uilhuis skryf nie.  Die besonderhede van haar lewe en wat sy met Koos Malgas uitgerig het om hierdie plek tot stand te bring – dit alles lok my na die versoeking van te ver gaan.

Die Uilhuisboog met uil

Die Uilhuisboog met uil

Ek het twee keer die plek besoek.  Die tweede keer het Koos Malgas self my die beelde gaan wys en oor hulle gesels. Sy woorde en sy hande het die rowwe sement van die gesigte gestreel en daar was oomblikke waar die gevoelens oor hierdie deel van sy lewe hom stilgemaak het.  Vir my ook.

'n Droomwereld van beelde

‘n Droomwereld van beelde

Die episode waaroor Athol Fugard in Road to Mecca geskryf het — Helen se verhouding met die “jong vrou” van Kaapstad, waarvan daar ook ‘n ontroerende beeld is — het ‘n ongelooflike nadraai in my lewe gehad:  ek het die stuk in die geselskap van daardie einste “jong vrou” gesien.  In ‘n vlug van my verbeelding het die vrou tydens die opvoering opgestaan, die paadjie van die teater afgestap, op die verhoog geklouter en die spelers gesê, “Nee… nee… ek sal julle sê hoe dit regtig was, want ek is jy en jy is ek.”

'n Plek van verlange

‘n Plek van verlange

Die kompleksiteit van die beelde, die breë omvang van die temas, die droomskap wat oopvou – vir my is daar ‘n sameloop van ongekende verlange, die intensiteit, woorde verby.  Ek sal maar die risiko loop en sê vir my is Helen Martins se Uilhuis die mistieke middelpunt van hierdie land.

Die mistieke middelpunt

Die mistieke middelpunt

© Willem van der Walt

www.loertoer.wordpress.com

Beelde: Willem

Advertisements

Tagged: , , , , , , , , , , ,

5 thoughts on “Die Uilhuis, Nieu Bethesda

  1. Celeste July 28, 2013 at 9:01 pm Reply

    Ja, ek het beslis ook n deel van my hart daar gelos in Nieu Bethesda…

    • Will van der Walt February 14, 2014 at 5:03 pm Reply

      Dankie, Celeste.

      My twee besoeke, jare gelede al, bly helder by my.

      groete
      w

  2. Elize Schoombee July 28, 2013 at 9:22 pm Reply

    Baie dankie Willem vir die skrywe oor Helen Martins. Vir my ook ‘n aangrypende verhaal oor ‘n vrou wat net seer en donker geken het. Met elke besoek aan die Uilhuis soek ek na meer tekens van lig en son, sonder sukses. Ek soek closure vir haar ontwil. Road to Mecca was dalk in ‘n mate dit.

    Ek volg jou Loer Toer

    Elize

    • Will van der Walt February 14, 2014 at 5:02 pm Reply

      Baie dankie, Elize.

      Jammer oor my vertraagde antwoord. Ek leer nog van hierdie goetse.

      Ek het na die Uilhuis gegaan met ‘n kunstenaarsvriend van my wat, soos ek, die Verlange in daardie plek, deurtas. Ons is anglo-saksies; ons is nie gemaklik daarmee om ons gevoelens uit te beeld nie of te erken nie. Daardie Hartstog raak my diep.

      Groete
      w

  3. Elize Schoombee July 5, 2014 at 10:08 pm Reply

    Praat van vertraagde reaksie. Kom nou uit die bloute op jou antwoord af. Selde het ‘n plek soveel gemengde gevoelens in my wakker gemaak. Sukkel eintlik nog steeds om die regte woorde vir die plek te verwoord..

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: