Fisieke Energie, Ruiterbeeld

Ek het nog altyd van Fisieke Energie gehou, die ruiterbeeld by die Rhodes Gedenkmonument teen die helling van Duiwelspiek.  So anders as die twee ruiterbeelde in Pretoria, die een in Bloemfontein en die ander by Parliament in Kaapstad.  Hulle is beelde van spesifieke politieke leiers, met naam en eer uitgebeitel.  Elke ruiter, ‘n uniform; elke ruiter, deurlugtig en kalm.  Die perde is mak.

Physical Energy 4

 

Met Fisieke Energie is die ruiter naak en naamloos.  Sy gespierde bors hang terug, gekrul in ewewig vir die uitskiet, die magsprong van die perd wat wyd-oog teen leisels beur.  Die ruiter se gesig, tydloos gebeitel.  Hy skerm sy oë teen ’n meedoënlose son en kyk horisonne.  Dit is hartstog.

Die ruiter

Die ruiter

G.F. Watts (1817-1904) het Fisieke Energie gebeeld en dit is by die Rhodes Gedenkmonument twee jaar voor Watts se dood opgerig.  Hy was eers ‘n skilder onder die Simboliste maar wy hom meer aan beeldhouwerk toe, met die toeneem van sy steun vir imperialisme.  In daardie tyd, bloei Suid-Afrika, in diep rou gedompel vanuit ‘n verpletterende ongelyke oorlog.  Wat het Watts gevoel oor die beeld wat oor die vlakte van Kaapstad toring?  Hy het oorspronklik die beeld bedoel om Tamerlaan en Ghenghis Khan, onder andere, te eer.  Wat sou hy gedink het van die volgende vyftig jaar, verreweg die gewelddadigste in die mens se geskiedenis?

Tog hou ek van die energie van daardie man op daardie perd.  Eendag dalk, sal die pedestal leeg wees.

Physical Energy 101.jpg

 © Willem v.d.Walt

April, 2013

http://www.loertoer.wordpress.com

Beelde

Willem, behalwe die tweede wat van commons.wikimedia.org ontleen is.

Advertisements

Tagged: , , , , , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: