Cimiez

Vir my voel die Romeinse teenwoordigheid in die suide van Frankryk vlietend.  Dit is nie Rome nie, waar jy die hele lot in jou skoot kry.  Hier is dit ‘n kunsgreep.  En toe’s alles weg.  Maar jy kan seker wees dat dié wat die Romeine in die oë moes kyk, vir ‘n paar eeue, hul swepe verdra, het nie so gevoel nie.  Die Romeinse Arena in Arles is natuurlik die uitsondering, massief en dáár.  En die Grieke… wat kan mens oor hulle sê?  Hulle is ‘n vae spook wat soos rook deur die Romeinse ruïnes krul.

Cimiez, na twee millennia, is oorblyfsels, ‘n paar straatblokke, redelik hoog, destyds ‘n standaard strategie, bokant die res van Nice se voorstede.  Onder lae grys wolke wat net bokant die somber omringende sipresse verbydryf, het die hele plek sterk onaards gevoel, ‘n terugval in die geskiedenis. Jy word nie toegelaat om tussen die ruïnes rond te stap nie.  Ek staan by die Musée se reëling en foto’s neem.  Ek kyk na die boogportale in die ruïnes. Dié struktuur het die Romeine vir Europa en die wêreld gegee.  Die boog was toe ‘n relatiewe onlangse uitvindsel.

Cimiez, met ‘n boogportaal

Cimiez, met ‘n boogportaal

In die Argeologiese Museum los die gevoel van vlietende geskiedenis my nie.  In hierdie ruïnes kry hulle stukkies… stukkies… dit wat daar was.  Ek staan by ‘n pedestal met net ’n gedeelte van ‘n voet in ‘n sandaal, ‘n gedeelte van ‘n hele verlore beeld, ‘n verlore wêreld.  ‘n Stukkie wat alles sê.

Brok van die verlede

Brok van die verlede

Ek staan by ‘n fragment van ‘n hand wat ‘n kleed vashou.

Is dit 'n kind se hand?

Is dit ‘n kind se hand?

Wie was hulle?  Hoe het hulle oor die toekoms gevoel?  Hulle vreugde?  Hulle vrese?  Hoe het hulle oor die bebosde heuwels na die intense blou van die Côte d’Azur gekyk?

Op ‘n ander dag ry ek uit na La Turbie waar Augustus ‘n toring gebou het, meer mooi as militêr.  Nege-en-veertig jaar voor Christus gebore is.  Daar staan dit, bo die glans van die baai ondertoe wat hulle Monaco noem.  Bo die parfuum van die hede staan Le Trophée.  Strak, elegant, stoïs.

Augustus se Le Trophée 49 v. C.

Augustus se Le Trophée 49 v. C.

Lundi   2 Janvier 2012

www.loertoer.wordpress.com

Beelde: Willem

Advertisements

Tagged: , , , , , , , , ,

One thought on “Cimiez

  1. Teresa Denton July 3, 2013 at 10:24 am Reply

    Daar is seker veel meer juwele wat seker nooit sal gesien wees nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: