Die Franse Weerstand

Dit is nie opvallend in die Côte d’Azur nie, maar hier en daar sien mens tog die eerbetoon aan die vegters van die Weerstand tydens die besetting van Frankryk deur die Nazis vanaf 1940 tot 1944 –  ‘n skool vernoem na ‘n Weerstandsleier, ‘n straat, ‘n ereplaak, ‘n standbeeld en, in Nice, ‘n museum.

Avenue Martyrs de la Resistance

Avenue Martyrs de la Resistance

Wanneer jy met mense hieroor praat, verdonker die gesig: die besetting was ontsettend wreed, maar dan was daar ook die samewerking.  ‘n Student van die politiek by die universiteit van Aix kyk my sinies aan.  “Moenie glo dat die hele Frankryk die Weerstand ondersteun het nie.”  Die roman Les Bienveillantes (2006) deur Jonathan Littell, vertaal as The Kindly Ones, sabel  oop die Franse, asook die hele Europa, se graad van samewerking met die Nazis.  Maar vandag word die Weerstand tog nasionaal en internasionaal verëer – die paar duisend dappere manne en vroue.

Reliëf in Cannes

Reliëf in Cannes

Herdenking van Baron Buchet.  Die lasste drie reels dui sy einde.

Herdenking van Baron Buchet. Die lasste drie reels dui sy einde.

Albert Camus se boek Die Pes, onlangs in Afrikaans vertaal deur Piet de Jager, wys op die konfrontasie van medici met ‘n pestilensie wat die dorp van Oran in Algerië oorval.  Dat die verhaal ‘n metafoor vir die Nazi-besetting is, is welbekend. “Ons is almal betrokke,” sê die hoof karakter.  Na die Oorlog is daar duisende hofsake oor die samewerkers en heelwat teregstellings.  Dit is ‘n bitter geskiedenis.  Die woord “hensoppers” aan ons kant laat ons nie neutraal nie, soos die film “Verraaiers” getuig.

Weerstandsmonument, Antibes

Weerstandsmonument, Antibes

Ek staan in die gedenktuintjie in Villefransch-vesting by die see.  Voor my is die foto van Jean Moulin (1899 – 1943).  Hy was die leier van die beweging totdat hy in aanhouding gemartel en vermoor is.  ‘n Mooi gesig, sterk en teer.  Die Candide in my vra, Wanneer eindig dié dinge?  Die seemeeue lag maar.

Jean Moulin (1899-1943)

Jean Moulin (1899-1943)

© Willem v.d.Walt

http://www.loertoer.wordpress.com

Julie, 2012

Beelde: Willem

Advertisements

Tagged: , , , , , , , , , , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: